BecomingKids en Moederkerk meisie-oggend

9 Augustus 2017 is Vrouedag. Hierdie jaar het BecomngKids en Moederkerk vrouedag op ’n baie spesiale manier gevier. 11 Dogtertjies van BecomingKids en vroue en hul dogters vanuit Moedergemeente het saam tyd bestee.Daar is eers tee en warm sjokolade gedrink en stories gedeel. Toe het tannie Alta ons aan die dans gekry, ons het gewikkel en beweeg. Na al die dans was al wat ons kon afkoel ’n lekker glas oros en ons is bederf met die lekkerste eetgoed.
Ons kon elke meisie voorberei in haar pad na vrou wees deur ‘n pakkie Subzpads en toiletries aan elke meisie te gee.
Dit was ’n oggend waar ons tenspyte van al ons verskille kon saam lag, gesels en leer by mekaar. Ons sien u
it daarna daarom weer volgende jaar te doen.
Dankie aan almal wat hierdie oggend moontlik gemaak het.